Meer as 960 verdagtes in Gauteng vasgetrek

Die polisie in Gauteng het die naweek meer as 960 verdagtes in hegtenis geneem onder meer vir die oortreding van rampbestuursregulasies, motorkaping, poging tot moord, roof, handel in drank sonder ‘n lisensie en kwaadwillige saakbeskadiging. Die LUR vir gemeenskapsekerheid, Faith Mazibuko, het aangesluit by die provinsiale polisiekommissaris, Elias Mawela, wat die operasie gelei het in Hammanskraal en Temba. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê meer as 300 verdagtes is in Tshwane in hegtenis geneem.