Een Covid-sterfte in Opuwo-distrik aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Opuwo-distrik aangemeld, asook 58 nuwe gevalle uit 1 185 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van vyf persent verteenwoordig. In die groep is 29 leerders, vyf onderwysers en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 207 aktiewe gevalle, waarvan 78 in hospitale is en 15 in intensiewesorgeenhede. Die adjunkminister in die gesondheidsminsiterie, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste statistieke.