Mediese studente moet uit, ministerie het nie betaal nie…

Plaaslike media berig dat ten minste 25 Namibiese studente in Lusaka, Zambië uit hulle akkommodasie uitgesit sal word omdat die Namibiese Ministerie van Gesondheid nie daarvoor betaal het nie. Daar word berig dat betaling nog nie eenkeer vanjaar gemaak is nie. ‘n Uitsettingsbevel is reeds op 29 Mei aan die groep oorhandig. Hulle sê hulle kry geen antwoord by die ministerie nie en het herhaaldelik om hulp gevra. Die groep, almal mediese studente is in hulle sesde en sewende jaar van studie. Die ministerie het aan plaaslike media bevestig dat hulle bewus is van die probleem en dat hulle op die oomblik betalings in die verband verwerk. Die eienaar van Crystal Gardens in Lusaka waar die studente tuisgaan het bevestig dat die groep teen 7 Junie die perseel moet verlaat en dat die kwessie aan regslui oorhandig is.