Dis 40 jaar sedert MIV/Vigs amptelik erken is

Saterdag herdenk die wêreld 40 jaar sedert MIV/Vigs amptelik erken is as ‘n nuwe siekte. Vyf mans is in Los Angeles in die VSA behandel en twee is oorlede. In die afgelope 40 jaar is 32 miljoen mense aan Vigs dood. Internasionale nuusagentskappe berig dat die wêreld nie sy teiken sal behaal om die pandemie teen 2030 uit te wis nie. In 2020 was 84 persent van MIV-positiewe pasiënte bewus van hulle status en 87 persent was op anti-retrovirale middels. In Namibië is 8,3 persent van die bevolking as MIV-positief bevestig in 2020 en daar was 3 052 sterfgevalle in dieselfde jaar. Net minder as 1 persent van kinders onder 15 is positief met die hoogste nuwe infeksies, amper 37 persent van die totaal wat in vroue ouer as 25 voorkom. Mans ouer as 25 is verantwoordelik vir net meer as 28 persent van nuwe infeksies.