Rooibos tree aan vir die omgewing

Die rooibostee-bedryf in die buurland het hom verbind tot volhoubaarheid rakende die omgewing en maatskaplike kwessies in die aanloop tot Wêreld Omgewingsdag wat môre gedenk word. Die dag word gevier met ‘n treffende kuns-installasie in Johannesburg. Die produk sal op ‘n uiters ongewone manier voorgestel word, met verskeie mengsels rooibostee wat die sterre van die installasie sal wees. ‘n Direkteur van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Nicie Vorster, sê landboupraktyke in die Wes-Kaap se produksiegebiede is reeds aansienlik aangepas om die impak van klimaatsverandering op hul oeste in ag te neem: