Mededingingskommissie vat twee verskaffers van kantoortoerusting hof toe

Die Namibiese Mededingingskommissie gaan twee verskaffers van kantoortoerusting hof toe sleep vir beweerde eksklusiewe transaksies. Dit volg nadat ‘n ondersoek glo aan die lig gebring het dat Maxes Office Machines en die Suid-Afrikaans-gebaseerde Riso Africa die Namibiese Mededingingswet oortree het. Die ondersoek was gemoeid met die verspreiding van digitale kopieermasjiene wat vir massa-drukwerk gebruik word, wat in skole, staatskantore soos die direktoraat van onderwys en ander openbare en private instellings gebruik word wat massa-drukwerk benodig. Korporatiewe kommunikasiekundige van die kommissie, Dina Gowases, gee die besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.