SA gesondheidsminister moet nog vrae beantwoord oor NVG-wetsontwerp

Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid het nóg vrae ná ‘n vergadering met gesondheidsminister Joe Phaahla oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Die komitee het die departement se reaksie op die kwessies wat tydens openbare verhore geopper is en die komitee se beraadslagings aangehoor. Sommige lede het Phaahla se voorlegging as onvoldoende en onaanvaarbaar verwerp. Die voorsitter, Kenneth Jacobs, sê die minister en die departement moet weer voor die komitee verskyn en ‘n gedetailleerde voorlegging doen, asook ‘n behoorlike befondsingsmodel om te verseker die NGV is billik.