Meatco-lening: Regering gee immers waarborge

Reaksie word ontvang op berigte dat Meatco homself in ‘n penarie bevind met betalings aan produsente. Nuus dat die maatskappy ook 200 miljoen Namibiese dollar moes leen by die Ontwikkelingsbank van Namibië het ook wenkbroue laat lig, veral in verband met sy vermoë om dit terug te betaal. Miljoene word aan produsente geskuld en die maatskappy blyk om nou te fokus op die mark noord van die rooilyn. Kompetisie in die vorm van Mecki Schneider se Beesvleis Waardeketting-forum is ook op die horison. Maar, plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê Meatco sal sy skuld kan betaal – die regering gee immers waarborge.