Meatco en Namport wil ook vaardighede bevorder

Meatco het bevestig ‘n ooreenkoms is met die Namibiese Hawe-owerheid onderteken om die Walvisbaaise hawe te gebruik om Meatco se beesvleis direk na internasionale markte uit te voer. Die internasionale markte waarna die beesvleis uitgevoer word is Amerika, Europa, China, Noorweë en sommige dele van Afrika. Rosalia Hamukuaja, woordvoerder van Meatco, het Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle wil ook die oordrag van vaardighede tussen Meatco en Namport bevorder.