Trump wou glo mense met Covid-19 na eiland stuur

Amerika se oudpresident Donald Trump het glo in Februarie 2020 sy raadgewers gevra of daar nie ‘n eiland is waarheen Amerika mense met Covid-19 kon stuur nie. Hy het glo gevra besit ons nie ‘n eiland nie? Wat van Guantánamo, het Trump glo voorgestel. Volgens internasionale media het amptenare die idee verwerp.