Johannesburgse regsfirma bevestig brief oor Recon-Africa aan Kanadese premier

Mark Gevers van die Johannesburgse regsfirma Schindlers Forensics, het bevestig hulle het ‘n brief aan die Kanadese eerste minister geskryf om in te gryp in ReconAfrica se boorwerk in die opvangsgebied van die Okavango-delta. Schindlers Forensics het die brief aan Justin Trudeau gerig om hom daarop te wys ReconAfrica, ’n maatskappy wat in Kanada geregistreer is, is besig om in ’n wêrelderfenisgebied na olie en gas te soek. ‘n Brief is ook aan die Groen Party in Kanada gerig Gevers het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Gevers sê ReconAfrica se projek is strydig met verskeie internasionale ooreenkomste oor omgewingsbewaring wat Kanada onderskryf en onderteken het. Hy sê dit is ook teenstrydig met die Parys-klimaatsverdrag is.