McIlroy teleurgesteld in Rahm oor LIV Gholf-besluit

Gholf: Die viermalige major-wenner Rory McIlroy sê hy is teleurgesteld met die Spanjaard Jon Rahm se besluit om by die Saoedi-ondersteunde LIV Golf aan te sluit. Die wêreld se nommer drie sal deel wees van ʼn LIV Golf-groep wat volgende jaar Brooks Koepka, Cameron Smith, Dustin Johnson, Patrick Reed en Sergio Garcia insluit. Rahm sal volgens berigte sowat 10,6 miljard Namibiese dollar verdien. McIlroy het aan Sky Sports gesê hy glo die beste pad vorentoe vir die sport is om al die beste spelers onder een sambreel te hê.