Max Verstappen spring eerste weg in Oostenrykse Grand Prix

 Motorsport: Max Verstappen van Red Bull is in die eerste wegspringplek vir die Oostenrykse Grand Prix vanmiddag in Spielberg, Oostenryk. Die twee Ferrari’s van Charles Leclerq en Carlos Sainz, sal onderskeidelik tweede en derde wegspring. Verstappen is steeds bo-aan die punteleer gevolg deur Perez, Leclerq en Sainz in die vierde plek.