Kevin Savage en Barry Ronge oorlede

Die Suid-Afrikaanse uitsaai-legende, Kevin Savage, is Saterdag op die ouderdom van 69 oorlede na ʼn lang stryd met kanker. Hy het rustig heengegaan met sy familie by hom. Die nuus volg op dieselfde dag as die berig dat die beroemde rolprent-kritikus, Barry Ronge, oorlede is. Ronge is op 3 Julie in die ouderdom van 74 dood. Dit was sy versoek dat sy dood eers na ʼn week bekendgemaak word. Nog ʼn radio-legende, John Berks, is ook onlangs oorlede.