Maskers uiteindelik in SA opgehef

Suid-Afrikaners hoef nie langer gesigsmaskers te dra nie, terwyl beperkings op byeenkomste en grensbeheer ook vir Covid-19-inentings, opgehef is. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het die jongste wysigings gisteraand in die Staatskoerant gepubliseer. Phaahla sê in ‘n brief aan LUR’e die huidige epidemiologiese ontleding toon ‘n laer infeksiekoers en die land is oor die onlangse vyfde vlaag, waarop die huidige beperkte regulasies gemik was. Die minister sal die land na verwagting vandag toespreek.