Jongmense in Otjozondjupa opgelei

Altesaam 408 jongmense van al die 121 kiesafdelings van die 14 streke van Namibië het die land se nasionale diens-opleidingsprogram bygewoon. Die 13de inname van die Nasionale Diens-opleiding van die Nasionale Jeugdiens, het by die Rietfontein-opleidingsentrum in die Otjozondjupa-streek begin. Dit bied die jeug geleenthede om aan projekte van nasionale belang deel te neem, terwyl beroeps- en tegniese vaardigheids-opleiding daarop gemik is om die jeug toe te rus met tegniese beroepsvaardighede vir ekonomiese ontwikkeling. Volgens die 2018 arbeidsmag-opname het Namibië se jeugwerkloosheidskoers op 46,1 persent gestaan. James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê hierdie opleiding is baie belangrik.