Uvalde-polisiehoof is op verpligte verlof

Die Uvalde-skooldistrik se polisiehoof, Pete Arredondo, is op verpligte verlof geplaas. Dit volg na bewerings dat hy verkeerd opgetree het tydens die massaskietvoorval verlede maand by die Robb Elementary School in Texas. Twee onderwysers en 19 kinders is in die voorval dood. Texas se staatspolisie sê onder Arredondo se bevel het polisiebeamptes ‘n uur en 15 minute gewag terwyl ‘n 18-jarige man met ‘n AR-15-geweer op kinders en onderwysers losgebrand het. Texas se hoof van openbare veiligheid, Steven McCraw, sê daar was genoeg polisie op die toneel om die gewapende man te keer binne drie minute nadat hy by die gebou ingegaan het. Brett Cross, ‘n oom van een van die slagoffers, sê die gemeenskap is in die steek gelaat.