Masisi, De Beers beklink nuwe ooreenkoms

De Beers het ‘n ooreenkoms hernu om diamante uit Botswana te bemark nadat onderhandelinge met President Mokgweetsi Masisi se regering op die spits geloop het oor die voortsetting van hul 54-jarige vennootskap. ‘n Beginselsooreenkoms is onderteken vir ‘n nuwe tien-jaar verkoopsooreenkoms van ongeslypte diamante wat deur hul gesamentlike onderneming Debswana ontgin word, sowel as vir ‘n verlenging van 25 jaar vir mynlisensies. Die vorige ooreenkoms het 25 persent van die diamante aan Botswana gegee om te verkoop met die res aan De Beers. Masisi se regering het vroeër gedreig om te onttrek as hy nie ‘n beter produksie-aandeel kry nie. De Beers voer op sy beurt aan dat Botswana die meeste van die waarde ontvang wanneer belasting en tantième ingesluit is.