Marikana: 48 hofsake moet nog afgehandel word

Die Suid-Afrikaanse prokureur-generaal van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Fhedzisani Pandelani, het bevestig 48 hofsake wat verband hou met die Marikana-slagting moet nog afgehandel word. Die gesinne van die vermoorde Marikana-mynwerkers dagvaar die staat en President Cyril Ramaphosa vir ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand en eis ook ‘n verskoning. Pandelani het in Pretoria aan die media gesê die helfte van die sake is besig om geskik te word.