Sitrusvrugte by EU hawens word vir klaring verwerk

Uitgevoerde Suid-Afrikaanse vrugte wat in hawens van die Europese Unie gehou is, word weer vir klaring verwerk. Dit volg nadat die Departement van Landbou ‘n ooreenkoms met die EU bereik het om die verbod daarop op te hef. Maatreëls om die vrugte onder uiters koue temperature van twee grade Celsius of laer te bewaar, het verlede maand van krag geword toe skepe met honderde vraghouers Suid-Afrikaanse vrugte alreeds op pad was na Europa. Uitvoere van byna 654 miljoen Suid-Afrikaanse rand is in vraghouers in hawens teruggehou. ‘n Woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê tot dusver het meer as 300 van die 509 vraghouers klaring gekry.