Oud-Springbok ná toets in Mbombela aangerand

Die voormalige Springbok-speler, Grant Esterhuizen, sterk nog in die hospitaal aan nadat hy ná die toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Mbombela aangerand is. Die 46-jarige Esterhuizen het in 2000 sewe toetse gespeel en ook die Bulle en die Leeus verteenwoordig. Hy sê hy het saam met vriende by ‘n klub in Mpumalanga gekuier toe vermeende lede van ‘n motorfietsklub hom oorval het. Hy is van agter geslaan en met ‘n valhelm gegooi. Esterhuizen sê hy wag vir die beeldmateriaal om die saak verder te kan voer.