Marén de Klerk verskyn toe nie in Paarl-landdroshof

Marén de Klerk, wat by die Fishrot-skandaal betrek word, kon nie vanoggend in die Paarl-landdroshof in die Wes-Kaap, verskyn nie as gevolg van die onbeskikbaarheid van ‘n landdros. Dit volg na sy inhegtenisname Donderdag deur die Valke en die Suid-Afrikaanse polisie. De Klerk word daarvan beskuldig dat hy sy regsfirma se trustrekening gebruik het om geld wat onwettig verkry is na verskeie rekenings oor te betaal, blykbaar vir die Swapo-kongres in 2017. In 2022 het die Paarl-landdroshof ’n lasbrief vir die inhegtenisneming vir De Klerk uitgereik, wat gevolg is deur die publikasie van ’n rooi kennisgewing deur Interpol, die internasionale polisie-organisasie. Dit volg na die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab in Mei verlede jaar sy uitlewering formeel versoek het.