Indringerplante in Kaapstad uitgeroei

Die Stad Kaapstad sê hy vier die yslike vordering wat gemaak is deur die Groter Kaapstad-waterfonds. Uitheemse indringerplante is die afgelope drie jaar uitgeroei. Die fonds help om watervlakke in die stad se opvangsgebiede bestendig te hou met sy werk vir die versekering van ‘n veerkragtige water-toekoms. Die burgemeesters-komiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê indringerplante is uitgeroei op meer as 40 790-hektaar.