Krieket: Marco Jansen vervang Anrich Nortjé

Krieket: Die linkerhandse naatbouler Marco Jansen se skitterende debuut vir Suid-Afrika in die eerste toets teen Indië het vir hom ‘n plek besorg in die eendaggroep teen die besoekers. Hy vervang Anrich Nortjé wat met ‘n heupbesering sukkel. Die keurders het Dwaine Pretorius ingesluit saam met die veelsydige Andile Phehlukwayo en Wayne Parnell, terwyl Zubayr Hamza ook sy plek in die span behou. Temba Bavuma sal die Suid-Afrikaanse span aanvoer in die drie wedstryde wat van 19 tot die 23 Januarie in die Paarl in Kaapstad plaasvind.