Man vas vir 7 ietermagô-velle

‘n Man sal vandag in die Katutura-landdroshof verskyn nadat hy deur geheime polisie betrap is met sewe ietermagô-velle. Die man het in Newcastlestraat in die hoofstad probeer om die velle aan die lede van die polisie te verkoop. Daar word berig dat die ietermagô die dier is waarmee die meeste onwettige handel in die wêreld getref word.