Australië lig nog beperkings

Die eerste minister van Australië, Scott Morrison, het vandag nog beperkings op toegang tot dié land gelig. Dit is die laaste deel van die regering se vier-stap-plan. Van volgende Woensdag af sal meer as 200 000 internasionale studente, geskikte gekwalifiseerde migrante, en vlugtelinge na Australië terugkeer. Morrison sê ten volle ingeënte burgers van Suid-Korea en Japan met ‘n geldige Australiese visum, kan nou na die land reis sonder kwarantyn of om vir reisvrywaring aansoek te doen.