Man van vermoorde SA predikant vermis

Die vermoorde predikant van Amanzimtoti, ds. Liezel de Jager se man, Werner is veronderstel om Dinsdag ‘n leuenverklikkerstoets by die polisie af te lê, maar hy het spoorloos verdwyn. Sy skoonpa, Henk van Zyl, het hom Saterdagoggend die laaste keer gesien. Dit is nie die eerste keer dat Werner skielik vermis raak nie. Hy het ook in Junie 2018 vanaf Kanoneiland in die Noord-Kaap vermis geraak.