Namibië vaar goed met ordentlike werk

Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê die pandemie het gewys hoe samelewings noodsaaklike werkers onderwaardeer, asook die belangrikheid daarvan om vir hierdie werkers ‘n sogenaamde ‘ordentlike werksomgewing’ te verskaf. Dit behels verskeie faktore van werk en is multi-dimensioneel. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse gesels oor hoe Namibië in die verband vaar…