Makelaars buit werkers uit – Numsa

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa beskuldig die maatskappy Eskom Rotek Industries Bulk Material Services van die uitbuiting van werkers deur gebruik te maak van arbeidsmakelaars. Die maatskappy is ‘n filiaal van Eskom-ondernemings, wat deel is van Eskom se beheermaatskappy. Daar word berig dat van die werknemers, wat voltydse kontrakte gehad het, nou na arbeidsmakelaars oorgeskuif word. Phakamile Hlubi-Majola van Numsa het bevestig ‘n geskil is ingedien by die Metaal- en Ingenieursbedrywe se bedingingsraad: