Mafe moet uit by Valkenburg

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Zandile Mafe wat vermoedelik die brand by die Parlement gestig het, se verwysing na die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal tersyde gestel. Die 49-jarige het die Kaapstadse landdros Zamekile Mbalo se besluit om hom vir 30 dae waarneming te verwys, betwis. Dit het gevolg op ‘n verslag waarvolgens Mafe met paranoïese skisofrenie gediagnoseer is. Die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe het bevind Mafe se verwysing na die hospitaal was onwettig. Hy het beveel dat hy vandag uit die hospitaal na die Pollsmoor-gevangenis verskuif word. Mafe se borgtogaansoek sal Saterdag aangehoor word.