Hokkie: Vroue en mans verloor

Die Namibiese vroueveldhokkiespan is deur Suid-Afrika met 6-0 in die Afrika Nasiebeker veldhokkie-kampioenskap in Accra in Ghana geklop. Suid-Afrika is die verdedigende kampioen en het rustyd met 3-0 voorgeloop. Die Namibiese vroue se laaste wedstryd in groep A is môremiddag om een-uur Namibiese tyd teen Zimbabwe. Intussen het die nasionale mansspan 4-1 teen Kenia verloor.