Maasbanker kwota word weer aangebied

Die Namibiese regering het net meer as 11 000 ton maasbanker op veiling beskikbaar gestel in ‘n poging om uitgawes te dek. Daar is ongeveer 51 000 ton van die 2021 seisoen wat nie gevang is nie. Maar, die prospektus maak geen melding van of die kwota gevries of aangeland is nie en dit maak ‘n groot impak op die prys. Sou dit gevries wees sal dit tot 3 000 dollar ‘n ton beloop en indien aangeland, 8,3 miljoen dollar ‘n ton. Dit bly volgens die dokument, die besluit van die regering hoe die vis geallokeer sal word. Bieërs het tot 29 April en die uitslae sal einde Mei bekend gemaak word.