Dit het katte en honde in Mariental gereën

Mariental het groot verligting tot op hede ervaar met die huidige reënseisoen. Volgens die Namibiese hidrologiese diens se reënvalbulletin vir die periode vanaf Oktober tot Februarie, het die gebied 111 persent meer reën as normaal ontvang. Die dorpsraad se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo sê daar was groot kommer oor die stand van die Hardapdam verlede jaar…

Bethanie het ook rekord neerslae ervaar met 234 persent meer reën as normaal.