Betty White se goedere gaan onder die hamer

Julien’s-afslaers in Beverly Hills gaan in September besittings van die ikoniese komedie-aktrise Betty White opveil. Dit sluit in kunswerke, juwele, rooi tapyt rokke en toekennings wat sy ontvang het. Sy is in Desember verlede jaar in die ouderdom van 99 oorlede. Meer as een-duisend-500 items, insluitend gedenkwaardighede uit The Golden Girls en ‘n ring uit haar huwelik met Allen Ludden, gaan onder die hamer kom. Die uitvoerende hoof van die afslaer Julien’s Auctions, Martin Nolan, sê die veiling getuig van White se ongelooflike lewe en loopbaan.