Maak so boskos, veral nou met die droogte

Bos-gebaseerde veevoer het gewilde woorde in die woordeskat van droogtegeteisterde Namibiese boere geword. Kommunale, opkomende en kommersiële produsente is aktief besig om voer vir lydende diere te produseer noudat die droogte verwoestende afmetings aangeneem het. Die gebruik van boskos skep baie nuwe geleenthede, maar dit het ook baie uitdagings. Volgens die Namibië Landbou-unie is daar baie menings en is daar ook verskillende resultate in die veld. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral gedurende die droë seisoen. Dr Dagmar Honsbein, ‘n kenner in die hout- en houtskoolbedryf, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat boere moet doen, sou hulle bosvoer wou begin maak.