Trump & Stormy Daniels: Dit knetter om ‘n jurie bymekaar te sit

ʼn New Yorkse hof het 60 uit 96 moontlike jurielede weggewys wat verklaar het hulle kan nie regverdig en onpartydig wees in oudpresident Donald Trump se strafsaak oor swyggeld nie. Hy word beskuldig dat hy voor die 2016-verkiesing sy sakerekords vervals het om die gewese ster van volwasse flieks, Stormy Daniels, te betaal om stil te bly. Die hof het 12 onpartydige jurielede nodig vir die verhoor. Trump beskryf die saak as nonsens en ʼn aanval op Amerika: