Ma van babaseuntjie op ashoop in aanhouding

Die 34-jarige ma van die babaseuntjie wat Vrydag op ashoop op Okahao gevind is, is in hegtenis geneem. Volgens voorlopige ondersoeke het die ma op 23 Desember geboorte gegee. Die verdagte, oorspronklik van die Onawa-nedersetting, is glo werksaam by een van die skole op Okahao. Die polisieondersoek duur nog voort, maar sy sal na verwagting môre in die landdroshof op Okahao verskyn. Volgens ‘n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, word die verdagte by die Okahao-polisiekantoor aangehou.