Saftu ondersteun Clover-staking

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê dit ondersteun die Clover-staking wat gelei word deur die Food and Allied Workers’ Union en die Algemene Nywerheidswerkers-unie van Suid-Afrika. Die staking is in sy agtste week en Saftu doen ‘n beroep op ‘n boikot van Clover-produkte, as deel van die voortgesette solidariteitsaksie. Die unie se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle doen ook ‘n beroep op gemeenskappe waar die sluiting van fabrieke beplan word, om by die stryd aan te sluit en aan te dring daardie fabrieke moet oop bly.