Lüderitz-opknapping sal N$2 miljard kos – Namport

Namport se uitvoerende hoof van ingenieurswese Elzevir Gelderbloem, sê die maatskappy sal minstens 2 miljard Namibiese dollar benodig vir die eerste fase van die uitbreiding van die Lüderitz-hawe. Die uitbreiding is om voorsiening te maak vir die huidige bedrywighede van die hawe met meer as ‘n miljoen ton vrag wat jaarliks deur die hawe verskeep word. Dit sluit mangaan, sink en vis in. Met die olie- en gasbedrywe is daar kommer oor ‘n moontlike bottelnek. Hy sê as alles volgens plan verloop, kan die bouwerk vir uitbreiding vroeg volgende jaar begin.