LP’s se gades word blykbaar teen geslagsgeweld ‘opgelei’

Daar word berig dat die Nasionale Vergadering se vyfdag-kursus vir gades van LP’s op geslagsgeweld sal fokus. Die kursus wat blykbaar etiket vir LP’s se gades sal leer, sal die belastingbetaler 189 000 Namibiese dollar uit die sak jaag. Volgens plaaslike media, het die sekretaris van die Nasionale Raad Tousy Namiseb bevestig dat die kursus of werkswinkel gehou word om ‘n vreedsame atmosfeer te skep deur geslagsgeweld teen LP’s te verhoed. Die welstand van LP’s is volgens Namiseb uiters belangrik en die ure wat veral vroulike LP’s werk, hulle kwesbaar maak vir geslagsgeweld. Die kursus vind volgende week plaas maar dit nog nie bekend waar nie. Volgens berigte sal daar 4 500 dollar op gades se vervoer en S&T bestee word.