Louis Oosthuizen onttrek weens besering aan Meesterstoernooi

Gholf: Louis Oosthuizen het hom weens ‘n besering aan die Meesterstoernooi onttrek. Die Suid-Afrikaner het die 2010 Britse Ope gewen. Oosthuizen, wat 14de op die wêreldranglys is, was Tiger Woods se spanmaat. Die Amerikaner sit sy merkwaardige terugkeer voort ná hy 14 maande gelede ernstige beenbeserings in ‘n motorbotsing opgedoen het. Oosthuizen se landgenoot en voormalige kampioen van Augusta, Charl Schwartzel, is intussen sterk op dreef. Die 37-jarige het laas die groen baadjie in 2011 aangetrek.