Lotery-egpaar se rekeninge bevries

Die Spesiale Ondersoekeenheid is ‘n bewaringsbevel deur die Spesiale Tribunaal toegestaan om 2,4-miljoen-rand te bevries wat gekoppel is aan die Nasionale Loterykommissie se amptenaar in KwaZulu-Natal, Sibonelo Vilakazi, sy vrou, Nosipho Zanele Zuma, en ‘n onderneming. Die woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die bewaringsbevel verbied die egpaar om enige transaksies uit te voer uit fondse wat in die rekeninge gehou word, hangende die finale beslissing van ‘n siviele regsgeding wat die eenheid beplan om binne die volgende 60 dae te begin: