Loftus is stampvol vir vanmiddag se kragmeting

Rugby: Daar is groot afwagting vir vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd tussen die Bulle en die Stormers op ‘n volgepakte Loftus Versfeld. Die span van Pretoria het in al vyf sy vorige wedstryde in die kompetisie teen hul aartsvyande verloor en wil dus nou ‘n punt bewys. In die ander Suid-Afrikaanse derby sal die Leeus gasheer wees vir die Haaie op Ellispark. Die Bulle is tans in die derde plek op die punteleer, die Stormers sesde, die Leeus elfde en die Haaie 16de.