Amerikaanse lugmag sal hulp in Gaza verskaf

Amerikaanse president Joe Biden het planne aangekondig om ‘n eerste lugmag besending van kos en voorrade in Gaza neer te stort, an die dood van Palestyne wat tougestaan het vir hulp ‘n kollig geplaas het op die humanitêre ramp in die gebied. Biden sê die hulp sal in die komende dae begin maar het nie verdere inligting verskaf nie. Jordanië en Frankyk verskaf reeds hulp op die manier. Die Withuis se woordvoerder, John Kirby het aan verslaggewers gesê dat dit ‘n volgehou poging sal wees.