Liverpool sy UNESCO-status kwyt

Die UNESCO-wêrelderfeniskomitee het Liverpool sy status as wêrelderfenisgebied ontneem. Volgens die komitee het ontwikkelings in die stad in die Verenigde Koninkryk ‘n baie groot uitwerking op sy geskiedkundige karakter gehad. UNESCO sê in ‘n verklaring die stad het sy status verloor weens die onomkeerbare verlies aan dít wat die gebied oorspronklik sy besondere universele waarde gegee het. Liverpool is beroemd as geboorteplek van die Beatles terwyl die dokke ‘n ryk kulturele geskiedenis het. Dit is in 2004 op die wêrelderfenislys geplaas.