Dieregesondheidsverklarings moet op 31 Julie ingedien word

Dit is weer tyd om die tweejaarlikse dieregesondheidverklarings in te dien, berig die Namibiese Landbou-unie. Produsente het slegs tot 31 Julie om hul inligting vir die periode van Januarie tot Junie 2021 in te dien.’n Ernstige versoek word aan produsente gerig om die vorm direk op NamLITS Aanlyn in te vul. Een vorm moet vir elke plaas ingedien word. Produsente wat vorms by die staatveeartskantore per hand afgee of e-pos, moet aandring op ’n bewys van ontvangs. Dr. Theuns Laubscher, veearts van die Windhoek Veterinary Clinic, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.