Liefde word gepolisieer soos tydens apartheid

Omar van Reenen, die stigter van Equal Rights Nambia sê die laaste keer wat mense in hierdie land gepolisieer is in verband met wie hulle liefhet, was tydens apartheid. Hy het ‘n beroep om President Hage Geingob gedoen om te verseker dat sy belofte van inklusiewe ontwikkeling nagekom word. Hy het gepraat in verband met die regering se beplande appèlsaak teen die hoërhof se beslissing dat Yona Delgado-Lühl, die seun van die gay Delgado-Lühl egpaar Namibiese burgerskap mag kry.