Nog een vas vir Moïse se sluipmoord

‘n Man is in Turkye in hegtenis geneem in verband met die sluipmoord van die president van Haiti, Jovenel Moïse. Samir Handal is by die Istanbul-lughawe gearresteer. Hy was op pad na Jordanië. Hy is gearresteer as gevolg van ‘n lasbrief wat deur Interpol uitgereik is. Volgens berigte is hy verbind met die dokter van Haiti Christian Sanon wat reeds in Julie in hegtenis geneem is vir Moïse se moord. Internasionale nuusagentskappe berig dat meer as 40 verdagtes reeds vas is. Moïse is op 7 Julie doodgeskiet na ‘n groep gewapende mans sy woning in Port-au-Prince bestorm het.