DA sê Vrystaatse regering moet 250 000ha grond uitdeel

Die DA in die Vrystaat doen ‘n beroep op die provinsiale regering om 203 stukke grond van bykans 250 000 hektaar regdeur die provinsie, aan begunstigdes uit te deel. In reaksie op ‘n vraag in die wetgewer het die LUR vir Openbare Werke, Motshidisi Koloi, gesê al dié grond lê leeg. Roy Jankielsohn van die DA sê die stukke grond word tans nie gebruik nie en kan met titelaktes aan verdienstelike begunstigdes uitgedeel word: