LGBTQI+-leerders moet by skooldragriglyne ingesluit word

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika sê die departement van basiese onderwys se konsepriglyne oor skooldrag moet hersien word. Die kommissie sê skooldrag moet inklusief wees en nie inbreuk maak op kinders se regte nie. Kommissaris Busisiwe Deyi het gesê die departement moet skooldrag geslagsneutraal maak om LGBTQI+-leerders te beskerm. Deyi sê skooldrag behoort nie as ‘n tegniek om teen kinders se geslag te diskrimineer gebruik word nie.